Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

[DOWNLOAD] "Wanneer die Onmoontlike Moontlik word" by Willem Nel * Book PDF Kindle ePub Free

Wanneer die Onmoontlike Moontlik word

📘 Read Now     📥 Download


eBook details

  • Title: Wanneer die Onmoontlike Moontlik word
  • Author : Willem Nel
  • Release Date : January 18, 2014
  • Genre: Religion & Spirituality,Books,
  • Pages : * pages
  • Size : 2973 KB

Description

VIR MY IS WILLEM NEL en die storie van sy lewe ‘n bewys van die verklaring wat hy in hierdie boek doen, naamlik “wanneer jy God se Woord hoor en dit begin in jou lewe, is dit wanneer dit ‘n werklikheid vir jou word.” Ten spyte van en binne-in omstandighede wat God se beloftes wou weerspreek, het hy aanhou preek en die Woord naby aan hom gehou net soos wat Jesus gedoen het. Hy gee waarde aan die onderwerp “maak die onmoontlike moontlik” deur sy stories met ons in hierdie boek te deel. Ek was die afgelope jare baie naby aan hom en ek kan getuig dat hy ‘n man van geloof is, dat hy die gawe van genade begryp en dat hy op gemotiveerde wyse geloof in ander aktiveer. Mag die woorde in hierdie boek ‘n instrument wees om Woord in die lewens van baie te aktiveer!
Dr. Stephan Pretorius
Senior Geo-Omgewingswetenskaplike, Geoloog & Projekbestuurder

WILLEM NEL IS DIE EEN MAN wat ek op planeet aarde ken wat ‘n lewende voorbeeld van ʼn wonderwerk is. Soos diamante wat onder druk gevorm word, kom sy insigte uit ‘n diep en kosbare plek. Jou geloof sal nie weer dieselfde wees nadat jy die stories, getuienisse en werke van God in, Wanneer die Onmoontlike Moontlik word, gelees het nie.
Kenny Luck
Skrywer van Sleeping Giant, President Every Man Ministries

EK KEN PASTOOR WILLEM NEL vir meer as 10 jaar en gedurende hierdie tyd het ek hom leer ken as ‘n man van geloof. Hy skryf en preek nie net geloof nie, maar sy lewe is ʼn voorbeeld van dat dit die werklikheid is. In die bladsye van hierdie boek sal jy die beginsels van ‘n lewe van geloof leer ken wat deur iemand geskryf is wat die onmoontlike in die gesig gestaar het en die God ervaar het wat alle dinge moontlik maak. Berei jouself vir ‘n geloofinspuiting voor!
Dr. Serge Solomons
MD (Wits), Geordende pastoor (Every Nation), Uitvoerende Leierskapkonsultant (TLI)

ONS LEEF IN UITDAGENDE TYE! As pastore en leiers van die heersende kerke en wat bedieninge in die 21ste eeu suksesvol wil stuur en bou, is die tydlose boodskap van geloof ‘n onontbeerlike hulpmiddel in elke leier se gereedskapskas. In die tyd postmodernisme en pre-Christenskap ... ja ... dit is wat ek gesê het, moet geloof die kern van passie en aan die voorpunt van die visie wees. Wanneer die Onmoontlike Moontlik word, is ‘n moet-lees as jy meer oor die wonderwerk en transformerende aard van die geloof wil leer. Willem Nel is ‘n man van geloof! Sy lewe en bediening in Potchefstroom, Suid-Afrika, is ‘n lewende bewys dat ‘n geloof-vervulde man ‘n verskil kan maak.
Past. Randy Craighead
Uitvoerende Pastoor Church of the King, Mandeville, Louisiana

PASTOOR WILLEM NEL LEEF die Woord van Geloof uit soos min ander mense. Ek is bevoorreg om hom reeds vir baie jare as ʼn vriend te hê en het ek gesien hoe hy dit wat hy in hierdie boek verkondig en leer ook uitleef. Hierdie boek breek die Woord kragtig oop en maak dat deurbrake deur geloof kom! Dankie Willem vir alles wat jy na die liggaam van Christus in hierdie sleutelopenbaring bring.
Past. Roger Pearce
Senior Pastoor His People Joburg, Spanleier van Every Nation Suidelike Afrika

WANNEER DIE ONMOONTLIKE MOONTLIK WORD is ‘n vars herinnering aan ons almal dat ons geroep is om “die onmoontlike te doen.” Willem herinner ons aan God wat die dinge wat nie in die lewe bestaan nie tot lewe roep. Gebaseer op die Woord van God en omgord met dinamiese, werklike lewensgetuies inspireer elke hoofstuk die leser om hulle geloof te ontwikkel en die skynbaar onmoontlike te doen. Een ding word duidelik wanneer jy hierdie boek lees ... Willem is ‘n man waaruit die boodskap van geloof sypel. Hy leef dit en doen dit elke dag. Lees hierdie boek en word geseën.
Past. Russ Austin
Senior Pastoor Southpoint Community Church, Jacksonville, Florida, US


Download Books "Wanneer die Onmoontlike Moontlik word" PDF ePub Kindle